Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroeg uit vere vir groot knal

Vroeg uit vere vir groot knal
 
2007-09-27


DIE erfenistoer deur die strate en erfenisskatte van die Paarl was ’n groot trekpleister vir feesgangers.

Twee keer per dag, om 09:00 soggens en 14:00 smiddags, het belangstellendes vertrek vanaf die restaurant op Laborie wynlandgoed, met ’n kenner as toergids.

Die hoogtepunt was die besoek aan Laborie wynlandgoed se geskiedkundige herehuis en die Anglo-Boereoorlog monument.

Dié toer was deel van die toer vir vroeër-uit-die-vere-mense wat om 07:00 op ’n voëlkyk-toer gegaan het.

Naas du Preez, een van die land se beste voëlkenners, en belangstellendes het teen die Paarlberg langs gery en gestop by uitkykpunte.

Die gaste het ’n kosmandjie-ontbyt by die veldblommetuin op Paarlberg gekry voordat daar na die kanon op die Paarlrots gery is.

En dis waar Johan Malherbe die meneer gelaai, en hom laat knal het.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za