Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tydloos wen SMS peiling

Tydloos wen SMS peiling
 
2007-09-27


DIE afskopvertoning van die Cultivaria-fees, Tydloos, het verreweg die meeste SMS-stemme van die publiek gekry.

Hierdie sangproduksie het gespog met die bekende sangers Rina Hugo, Jannie Moolman, André Schwartz en Arina de Witt.

Ook gewild was Sameloop, met Paarlse komponis/sangeres Laurinda Hofmeyr, die Bala Brothers, Diepe Grond (’n plaaslike toneelproduksie) en Dosis Waarheid met Riaan van Heerden.

* Tydloos manjifiek

* Thanx aan Diepe Grond. Dit was fantasties! Good luck 4 future!

* Tydloos 1 was stunning! Tydloos 2 was nog beter! Kan nie wag vir Tydloos 3! Cultivaria Bo!

* Tydloos, Zorada en Coenie. Briljant, uitstekend. Paarl is bevoorreg!

* Jan Blohm kan maar kom

* Beste show: Freshly Ground, Paarl Pops - veral Brandon

* Bonhoeffer was treffend en het diep indruk gemaak.

* Dankie vir die pragtige rolprent oor Ingrid Jonker - her Lives and Time. Maar ai, daai harde stoele vir twee uur! Kry beter stoele asb.

* Bala Brothers are AWESOME! Humble and talented!

* Tydloos II was SUPERB although Arina de Witt should be replaced by Zanne Stapelberg.

* Luis Magelhaes sê hulle moet dalk volgende keer Clayderman speel - die klaviere is so oud soos Rachmaninoff self!

* Coffee shop by La Rochelle Hoërskool hoë standaard en goeie idee.

* Dankie vir ’n wonderlike fees. Het my vreeslik geniet. Kan nie beste kies nie - alles van hoë gehalte. Kom volgende jaar weer. Beter as KKNK en Aardklop.

* Cultivaria mis sy mark met jazz by die Emporium - dit pas nie.

* Waar is die kaasborde met die wyn?

* Hoekom so min inkopiestalletjies by Emporium? Hoe lyk dit met ’n markplein?

* Koskeuse by Emporium te min. Mis kunsmarkstalletjies.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za