Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Versekering is wel regte medisyne

Versekering is wel regte medisyne
 
2007-09-27


AS 'n gesoute finansiële beplanner in die Vallei reageer ek graag op Anti-Aasvoël se breë veralgemening oor die onbetroubaarheid van lewensversekering (Paarl Post 20-09-2007).

In die bestek van 17 jaar het ek al menige tjeks oorhandig aan weduwees en persone wat ongeskik geraak het of gevreesde siektes ervaar het – dit is per slot van sake waarvoor lewensversekering daar is.

Anti-aasvoël verwar die doel van versekering met die opbrengs van beleggings en pas, soos wat baie ander polishouers doen, "selektiewe geheue" toe wanneer gekyk word na die sogenaamde "gekwoteerde" opbrengste.

Die korrekte term is illustratiewe waarde wat volgens die HAT beteken "om toe te lig, verduideliking of ophelder".

Die syfers soos "gekwoteer" was nog altyd gebruik om polishouers in te lig oor die verwerende effek van inflasie op die opbrengs van beleggingsprodukte en die moontlike impak wat verskillende opbrengs scenarios vir die belegger inhou.

Koop gerus lewensdekking vir dié wat moet versorg word wanneer die dood intree of om lewensaanpassings te maak met ongeskiktheid of gevreesde siektetoestande. Vir 'n geringe bydrae nou gaan jy of jou naasbestaandes die voordeel van versorging in die toekoms kry.

Dikwels verwyt ek myself by 'n begrafnis dat ek te sag was op die oorledene, want die familie sou kon doen met nog 'n miljoen.

Polissmous



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za