Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesteelde stemme seëvier

Gesteelde stemme seëvier
 
2007-09-27


DIE selfvoldane trots waarop die ANC laasweek met hul roemlose oorname van die Raad die nuwe ampsdraers met kettings en titels behang het was iets om te aanskou.

Asof dit nou ‘n prestasie is om aan bewind te kom met oorlopers wat gesteelde stemme met hul saambring.

Die oorlopers is deur die ANC verwelkom en bedank omdat hul kwansuis “stabiliteit” na die Raad bring.

Die eerste slagoffer is die SKOOR komitee van die raad wat ondersoeke na korrupsie en wanbestuur moet ondersoek. Hierdie komitee is summier afgeskaf.

Dit voorspel niks goed vir Drakenstein nie, veral gesien in die lig van beweerde korrupsie en wanbestuur wat deur die DA en sy vennote die afgelope maande oopgevlek is.

‘n Senior amptenaar van Drakenstein staar sewentien klagtes op ‘n klagstaat in die gesig, onder andere van beweerde wanadministrasie.

Intussen is die oorloper Nothnagel nog steeds die Onderburgemeester nadat hy slegs 77 stemme in die vorige verkiesing kon kry teenoor die 1029 van die DA verkose lid vir Noorder- Paarl, Jean Smit.

Voorwaar demokrasie op sy beste.

Deetlefs du Toit (Raadslid, DA)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za