Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bou Cultivariafees tog nog meer uit

Bou Cultivariafees tog nog meer uit
 
2007-09-27


EK het die onlangse Cultivariafees bygewoon en was aangenaam verras.

Ek wou aanvanklik nie gaan nie en wou dit boikot omdat ek nie n “boerebazaar “ wou ondersteun nie, maar was uitgestem deur die verligtes in my huis.

So gemaak en ek het die Soweto String Quartet gaan kyk , wat met 'n kitaargroep CH2 opgetree het.

Ek was aangenaam verras met die wisselwerking tussen die twee kulture. Hoe gaan die twee wit laities nou hulle musiek meng met dié van SSQ het ek gewonder, maar die klanke was UNIEK Afrika.

Kyk, hulle het 'n anderse ritme ten toon gestel, wat my laat lekker kry het, en met nuwe hoop gelaat het.

Musiek ken mos nie grense, geloof en geslag nie, so groot was my verbasing en die bevryding toe die oogklappe afgeval het.

Die Sondagmiddag in stede van koerant lees, weer af Cultivaria toe, feestent toe.

Groot was my verbasing weer, toe ek begroet was deur die strelende jazzklanke van Jennifer Jones en die spontane dans van 'n dame, wat ek reken miskien te veel rooi wyn in gehad het, maar niemand het eindelik omgegee nie, dit was in die FEES-gees.

Het ook van my kamerade daar gesien en skielik nie so alleen gevoel nie.

Kyk die fees is ver van perfek, maar dis 'n dekselse goeie begin.

Natuurlik is alles nie perfek, kaartjies maar duur, maar wegbly moet ons nie.

Dat ons 'n produksie moet skep wat die ryke geskeiedenis van die Paarlvallei en die mense van die Ou Tuin en Bergstraat moet vertel, is waar.

Dat die erfenistoere uitgebrei moet word is gewis, maar deur weg te bly bevorder ons nie die erfenissaak nie.

Die Cultivariafees moet 'n ware gemeenskapsfees word, want as dit nie word nie, staar ons die gevaar dat dit bly sien sal word as 'n hulle en ons fees - hulle met die ekonomiese mag en ons daarsonder.

Aan die leierskap van Cultivaria, wel gedaan - die Paarl trek nou weer aandag, maar kom ons vat prakties hande en bou die Cultivariafees en maak dit 'n modelfees vir almal. Dit is in elk geval wat ons kinders wil hê.

Harlan CA Cloete, Paarl



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za