Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliet vereer

Paarliet vereer
 
2007-09-27


BY die onlangse SA Olive Toekennings is die toekenning vir SA Presteerder van die Jaar deur Paarliet John Scrimgeour huis toe geneem.

John is aktief en passievol in die olyfbedryf betrokke sedert hy in die 90s by Buffet Olives aangesluit het. Hy was veral betrokke by die uitbrei van aktiwiteite van SA Olive tydens sy voorsitterskap.

“Dis net regverdig om te sê John het ‘n ongelooflike groot bydrae gemaak tot die Suid-Afrikaanse olyfbedryf – ‘n bydrae wat ons nog tot voordeel sal strek vir baie jare vorentoe,” het Peter Dall, voorsitter van SA Olive se beoordelaarspaneel in reaksie op hierdie prestasie gesê.

Drie kategorieë is beoordeel: Ekstra Suiwer olyfolie, Tafelolywe en Achiever of the Year. Volgens organiseerders, SA Olive, het die kompetisie-inskrywings ongekend gegroei in slegs een jaar.

Slegs Ekstra Suiwer olyfolies is toegelaat om deel te neem en goue toekennings is gegee aan olies wat meer as 75% behaal het met silwer toekennings aan olies wat bo 70% behaal het.

“Baie reën het die 2007 oes aansienlik beïnvloed. Te veel water tydens oestyd lei tot olies met ‘n laer intensiteit. Ten spyte hiervan het die wenolies uitstekend presteer en die toekennings was welverdiend,” het Linda Costa, sameroeper van die beoordelaarspaneel gesê.

Morgenster Landgoed, geleë naby Somerset-Wes, het die uitblinker olyfolie én top tafelolywe van Suid-Afrika opgelewer.

As beste Ekstra Suiwer olyfolie in die land én ’n goue toekenning vir hul Spaanse styl Nocellara groen olywe, het hierdie Landgoed hul bestaande rits van toekennings verder uitgebrei.

Die trofee vir Beste Tafelolywe sal ook vanjaar by dié Landgoed pryk.
In die Delikate Ekstra Suiwer Olyfolie kategorie het Hillcrest Estate goud verower en Franschhoek Olive Oil Company, die Olive Garden en Rainbow Boy al drie silwer medaljes geneem.

In die Medium Intensiteit kategorie het Burgundy Bourgogne goud opgeraap en silwer het gegaan na Foxenburg Landgoed, Hermanuspietersfontein, The Olive Shed, Rio Largo, Vesuvio Landgoed en Willow Creek Directors’ Reserve.

Die Intens Vrugtige Ekstra Suiwer Olyfolie kategorie het goud vir Groote Vallei, Hamilton Russell, Morgenster Landgoed, Olyfberg en Olyven Houdt besorg terwyl Belvedere ’n silwer toekenning ingepalm het.

Tafelolywe het gekompeteer in die swart, groen en gegeurde klassering en is beoordeel aan aroma, voorkoms, konsekwentheid van voorkoms en kleur, geure van sout en suur, tekstuur en algehele balans.

Altesaam ses deelnemers het silwer toekennings vir hul tafelolywe ontvang – Het Vlock Casteel, Morgenster Landgoed, The Olive Shed, Olyfberg, Hillcrest Landgoed en Vesuvio Landgoed.

SA Olive se doel is om te verseker dat alle Suid-Afrikaanse olyfprodusente mik na wêreldklas olies en tafelolywe om ’n plek in die uitvoermark te verseker



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za