Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twintig20 Sondag by Boland-park

Twintig20 Sondag by Boland-park
 
2007-09-27


DIE eerste span van GMT Paarl-Oos Krieketklub speel Saterdag ’n vriendskaplike wegwedstryd teen Oostelikes.

Hierdie twee spanne het vroeër vanjaar in die finaal van hul liga teen mekaar te staan gekom waar hulle uiteindelik die beker met mekaar gedeel het ná ’n taai stryd by Boland-park.

Krieketliefhebbers kan ook gereed maak vir ’n fees van paaltjies, viere en sesse wanneer vier klubspanne van die Westelike Provinsie en Boland mekaar Sondag die stryd aansê vir die eerste Twintig20 wedstryde van die seisoen.

Die spanne wat hier gaan meeding, is Paarl-Oos, Hermanus (Boland), UWK en UCT (WP).

Paarl-Oos en UWK begin reeds om 09:30 met die eerste wedstryd waarnna die tweede afgehandel sal word.

Die wenners van die twee wedstryde sal in ’n finaal teen mekaar speel om die wenner van die dag te bepaal.

Almal is baie welkom om hierdie wedstryde by te woon.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za