Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekspan is nog steeds op dreef

Streekspan is nog steeds op dreef
 
2007-09-27


DIE Paarl Streekspan het die afgelope twee weke waardevolle ondervinding opgedoen nadat hulle kragte teen twee baie sterk spanne in die WP Unie gemeet het.

Die gekombineerde Paarl-span het tydens hul eerste kragmeting teen WP Intermagte ’n skittervertoning gelewer om die wedstryd met 13-3 te beklink.

Die Paarliete se verdediging het deurgaans goed gehou en het geen deurkomkans vir hul opponente gebied nie.

Op die aanval het hulle ewe sterk vertoon en hul teenstanders se verdedigingslyn telkemale gebreek.

Peter Horn en Grandton Marinus het elkeen ’n drie vir die Streekspan gedruk.

Gerswin Paulse het met een strafdoel geslaag om die knoop deur te hak.

Die Streekspan het tydens hul tweede kragmeting teen die WP Disas te staan gekom.

Alhoewel die Paarliete hierdie stryd met 20-10 verloor het, het hulle met gehalte rugby vorendag gekom en gewys dat hulle volgende seisoen ’n span gaan wees wat ’n impak op die Superliga kan hê.

Die Paarl-span se drieë is deur Hein Pretorius en Bradley Barends gedruk. Grandton Marinus, Yullin Claasen, Randel Hefka en Andrew Jacobs is uitgesonder as die uitblinkers van die wedstryd.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za