Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples wys klas

Young Peoples wys klas
 
2007-09-27


DIE Young Peoples Krieketklub het hul seisoen op ’n hoë noot begin toe hulle Saterdag en Sondag onderskeidelik met Belhar en Coronations by Daljosafat-stadion afgereken het.

Tydens Saterdag se wedstryd het Belhar die loot gewen en Young Peoples ingestuur om op ’n groen kolfblad in bewolkte weer te gaan kolf.

Die tuisspan se aggressiewe kolfwerk het die wind uit die besoekers se boulers gehaal met Edwin Jacobs (60*, 4x4), Dominic Daniels (50*, 8x4), Adiel Cassiem (35, 5x4), Ian Grey (27, 2x4 en 1x6) en Brenden Adams (23, 2x4) wat die langsteel ingelê het.

Young Peoples het in hul toegelate 45 beurte 257/7 aangeteken wat in enigiemand se boekies ’n goeie, verdedigbare telling is.

Die Paarliete het met die bal net so goed gevaar en hul teenstanders vir ’n skamele 105 lopies in die 29ste beurt uitgehaal.

Enrico Bailey (2/3), Lorenzo Jacobs (2/6) en Marshall Lategan (2/22) was die room van Young Peoples se boulers.

Sondag se wedstryd teen Coronations was ’n beter maatstaf vir Young Peoples.

Coronations het met akkurate boulwerk die tuisspan goed onder druk geplaas, maar kon ongelukkig nie afrond nie.

Young Peoples het weereens ’n goeie telling van 224/6 aangeteken met Jacobs (68*) wat die grootste bydrae gemaak het.

Coronations het hul beurt teen ’n stewige tempo begin en dit het aanvanklik gelyk asof Young Peoples nie die mas sou opkom nie.

Gelukkig is die deurbraak gemaak wat die momentum van die besoekers in die wiele gery het.

Coronations is eindelik vir 206 lopies uitgeboul met Joshua Swanepoel (2/36), Brendan Adams (3/47) en Lorenzo Jacobs (2/39) wat die paaltjies geneem het.

* Young Peoples speel Saterdag tuis teen Glamorgan. Die wedstryd sal oor 45 beurte beslis word en begin om 10:00.

Hierdie klub bied Saterdag om 20:00 ook ’n disko by Jeff’s Pub aan. Toegang sal R10 wees.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za