Hillcrest skuif na Superliga
2007-09-27
DIE eerste span van Hillcrest United Rugbyklub het die afgelope naweek hul bure Newton en Roses United jaloers gehad nadat hulle met ’n spogvertoning gekwalifiseer het vir die Boland Superliga in 2008.
Hillcrest het tydens die semi-finaal op Worcester teen die Eagles van Vanrhynsdorp kragte gemeet om uit te speel vir hierdie eer.
In geen stadium het die Eagles gelyk asof hulle die oorhand oor die Wellingtonners kon kry nie.
Hillcrest se agterlyn het fantasties vertoon met ondernemende hardlooprugby wat hoogty gevier het.
Selfs die voorspelers het nie teruggestaan vir die harde Weskus-manne nie en het rustyd reeds met 12-5 voorgeloop.
Gerswin Heugh het ’n uitmuntende wedstryd gehad waar hy nie minder as vier drieë gedruk het nie.
John Abrahams het ook vyf punte vir Hillcrest aangeteken met Conroy Gertze wat met drie doelskoppe geslaag het.
Die span van Wellington het hierdie belangrike kragmeting uiteindelik met 36-17 gewen.
Hillcrest United kom volgende naweek teen Velddrif, die wenner van die ander semifinaal, by Boland-stadion te staan om die algehele wenner van vanjaar se Presidentsliga te bepaal.
*Hillcrest United Rugby Club was promoted to the Boland Super League last weekend after beating the Vanrhynsdorp Eagles during the semi-final of the President's league.
More
News
|