SA kleure vir De Villiers
2007-10-04
DIE plaaslike stoeier Beyers de Villiers van Hoër Jongenskool Paarl het die afgelope naweek nóg ’n goue medalje verower.
De Villiers (WP), wat onder die vaandel van Genesis Stoeiklub (Bellville) deelneem, het tydens die SA Junior en Jeug Vrystylkampioenskap (o.20) in Benoni weer sy dominansie in die seuns 69kg tot 76kg afdeling bevestig met ’n uitstekende vertoning.
Hy het nie net die eerste plek verower nie, maar ook vir sy SA kleure gekwalifiseer.
More
News
|