Man sit lewenslank
2007-10-04
DIE berugte verkragter van Groenheuwel is verlede week tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die verkragting en onsedelike aanranding van vier jong kinders.
Die voorval het in 2004 plaasgevind in ’n huis in Fairyland toe die kinders, wat almal tussen die ouderdomme van 9 en 12 was, ’n maatjie gaan opsoek het.
Toe hulle by die huis in Nkukulekostraat aankom, was sy nie daar nie, maar Neville Koos Jefthas, oftewel oom Koos, het die voordeur oopgemaak.
Hy het vir hulle ingenooi om televisie te kyk en omdat die vier kinders vir hom geken en vertrou het, het hulle binne gegaan.
Terwyl hulle in die sitkamer was, het oom Koos vir hulle een vir een slaapkamer toe geneem. Drie van die kinders is verkrag en nog een is onsedelik aangerand.
Hierna het hy vir sy jong slagoffers kos en geld aangebied en vir hulle gedreig indien hulle met enigiemand oor die voorval praat.
Die kinders het egter later aan hul families gebieg oor wat gebeur het.
Weens uitstekende speurwerk deur die ondersoekbeamptes, insp Elton Abrahams en sers Steve Reid, is die lewenslange vonnis aan Jefthas opgelê.
* A man who raped and sexually assaulted four young children has been sentenced to life imprisonment.
More
News
|