Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blues band by Simonsvlei

Blues band by Simonsvlei
 
2005-06-09


DIE hoogaangeskrewe Boulevard Blues Band, wat al skares vanaf Kirstenbosch tot die KKNK vermaak het en pas hulle eerste album getiteld “About time” vrygestel het, staan gereed om Woensdag 29 Junie alle onbekeerdes se harte by Simonsvlei Kelder te kom omkeer.

Hoofsanger Dr John van Blues Broers faam en die man wat deesdae deur ’n bekende brouery oortuig is om te bieg dat “it’s so good to be a man”, se stem getuig dat die die bluespaadjie na al die jare, steeds smal en ongeteer bly.

Richard Pryor, hoofkitaarspeler, en Greg Smith se bekfluitjie-solo’s op bekende blues-standards sowel as die band se eie songs, sal die bluesmeesters soos Muddy Waters, Eric Clapton, Buddy Guy en vele meer se koppe stadig en statig laat knik.

Graeme Abbott op die potte, Trevor “Monster” Cranfield saam met Dale Collins maak seker dat die fondament stewig gegooi word.

Onthou - die blues is soos kladpapier, die note sal tot op jou hart deurslaan en sal daarna nooit weer dieselfde wees nie.

As jy dit nie glo nie, kom sien en hoor self op 29 Junie om 20:00.

Bespreek by Lynette Griessel, 863-3040.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za