Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rall weer agter slot en grendel

Rall weer agter slot en grendel
 
2007-10-04


DIE vermeende bedrieër van Wellington, Colin Rall, is terug agter slot en grendel.

Rall is onlangs op borgtog van R15 000 vrygelaat uit die Goodwood-gevangenis waar hy aangehou is op verskeie aanklagte van bedrog.

Maar Rall is oënskynlik nie afgeskrik deur die swaard van die gereg wat oor sy kop hang nie.

Skaars is hy weer op vrye voet of hy is na bewering summier terug na sy ou streke.

Hierdie nuutste aanklagte spruit uit die aankoop van 15 skootrekenaars op ’n bedrieglike manier in die Strand terwyl hy op borg was.

Die 37-jarige Rall is Maandagaand vasgetrek waar hy geskuil het by ’n rugsaktoeriste-akkommodasieplek op Stellenbosch.

Onder die slagoffers van Rall se vermeende misdrywe is beleggers van Wellington wat geld belê het in sy sportpromosiefirma Eagle Wave, wat gehandel het as Pro Rugby.

Die geld wat in dié besigheid belê is, het egter soos mis voor die son verdwyn.

Rall se vrou Merinda, is na bewering kop in een mus met haar man se bedrywighede. Sy is verlede jaar saam met Rall in hegtenis geneem, maar is kort daarna op R3000 borgtog vrygelaat.

Dit is tans onseker waar sy haar bevind.

Die polisie versoek diegene wat reeds sake teen Rall gemaak het of wat klagtes teen hom wil lê, om vir supt Carelse Lourens te skakel by 021-950-1345.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat Rall nie vinnig weer op straat sal wees nie, want nie net is daar nuwe klagtes van bedrog teen hom hangig gemaak nie, maar hy het ook sy borgvoorwaardes verbreek.

* The alleged fraudster Colin Rall is behind bars again after defrauding more unsuspecting victims shortly after his release on bail.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za