Wolf vreet duur skape toe baas weg is
2007-10-04
地 BRITSE vrou het al haar erfstukke verloor nadat sy 地 man met haar huis- en kluissleutel vertrou het in Simondium.
Nou word daar 地 aansienlike beloning aangebied vir die arrestasie en terugvind van die gesteelde goedere.
Caroline Goodden (60) het die man, ene Marc Wilson, in Vishoek ontmoet twee weke voordat sy in Junie vanjaar haar kinders in Brittanje gaan besoek het.
In plaas daarvan om die familie-juwele, ter waarde van meer as R600 000, saam te neem om die nalatenskap daarvan met haar gesin te gaan bespreek, het sy foto痴 daarvan saamgeneem.
Toevallig het sy ook 地 foto van die man wat haar woning sou oppas, met haar selfoon geneem.
Toe Goodden op 23 Augustus na haar kleinhoewe by Klein Simonsvlei skooltjie terugkeer, was die huisoppasser 駭 haar wit Nissan 4x4 bakkie skoonveld.
Die bakkie is dieselfde dag nog by die Kaapstadse stasie ontdek.
Intussen het die vrou ontdek dat die waardevolle juweliers- en silwerware verdwyn het.
Volgens haar telefoonrekords is verskeie oproepe na antieke winkels gedoen.
Die polisie stel ondersoek in, in die hoop om van die gesteelde goedere terug te vind, en hoop om op die spoor van die swendelaar te kom.
Daar is reeds vasgestel dat die man, wat homself Marc Wilson genoem het en sowat 46 jaar oud is, 地 ernstige dobbelaar is.
Skakel die ondersoekbeampte, insp Brian Crozier, by 021-875-5555 of 084-462-1938 met inligting.
More
News
|