Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bien Donné Expo begin 1 November

Bien Donné Expo begin 1 November
 
2007-10-04


DIE 21ste eeu se kitsbeplanning en frenetiese produksietempo’s skep soms gevare vir volhoubaarheid.

Daarom is georganiseerde landbou gretig om produksiepatrone aan te wakker wat op versiendheid gegrond is en volhoubaarheid sal verseker. Dit is geen toeval dus dat vanjaar se Bien Donné Landbou Expo - wat van Donderdag 1 November tot Saterdag 3 November op die Bien Donné proefplaas tussen die Paarl en Franschhoek plaasvind - hom by hierdie fokuspunt aansluit.

Die driedaagse Expo – wat hierdie jaar vir die 65ste keer die modernste neigings en toerusting in die Wes-Kaapse landbou vertoon – kyk ook na die jongste implemente, interessante navorsingsuitslae, die al hoe belangriker agri-toerisme en toepaslike opleiding. Alles om die Wes-Kaapse landbou minstens nóg 65 vrugbare jare op koers te hou.

Die Bien Donné Landbou Expo het sy lang lewe te danke aan voortdurende vernuwing en meganisasie en die organiseerders se vermoë om ook die gewone publiek te betrek en sodoende die Expo in ‘n prikkelende geleentheid vir die hele gesin te omskep.

Nie minder nie as 200 ondernemings beskou dit as die grootste kans om hul produkte en dienste aan landbouers, besluitnemers en ander belangstellendes ten toon te stel.

Benewens uitstekende tegniese inligting in en om landbou-meganika sowel as insiggewende lesings, is daar ‘n mark met kraakvars produkte van die plaas af, parades met stoetdiere en, les bes, ‘n kinderspeelhoekie waar die woelwaters.

Die hekke sal op Donderdag 1 November en op Vrydag 2 November van 09:00 tot 18:00 oop wees en Saterdag van 08:00 tot 16:00.

Kaartjies is R40 (R15 vir kinders bo 6) sal by die hekke beskikbaar wees. Kaartjies vir plaaswerkers kan voor 12 Oktober bespreek word teen ‘n afslagtarief van R20.

Navrae www.biendonne-expo.co.za of kontak Eunice Kotzé by tel 021-863-0397, of e-pos events@definitelydifferent.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za