Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raad is kortsigtig met staak van komitee

Raad is kortsigtig met staak van komitee
 
2007-10-04


DIE summiere afskaffing van die SKOOR komitee deur die ANC met hul oorname van die Raad na die oorlopery, voorspel niks goed vir Drakenstein nie.

Volgens die berig in die Paarl Post meen die ANC dat ‘n SKOOR komitee (staande komitee vir openbare rekeninge) nie van pas is op munisipale vlak nie en dat die wetlik voorgeskrewe ouditkomitees voldoende as waghondfunksie kan optree.

Hier is die feite en die resultate spreek vanself.

Met die DA se verkose oorname van die raad in Desember 2000 is daar dadelik ‘n finansiële beheerkomitee ingestel wat as waghond na die finansies en bestuurspraktyke sou omsien.

Die ANC het uit die staanspoor die bywoning van hierdie komitee geboikot. Verskeie sake het aan die lig gekom en is suksesvol aangespreek.

Met die eerste oorloop-oorname in 2002 het die ANC dadelik die komitee afgeskaf.

Gedurende die volgende vyf jaar het negatiewe kommentaar en uitwysings in die Ouditeur-Generaal se verslae verskyn en moes duur forensiese ondersoeke gedoen word. Dit was egter net die punt van die ysberg.

Die ondersoek na beweerde ongerymdhede in die werkswinkel het byvoorbeeld meer as R500 000 gekos.

Die ondersoek na die vermiste gordyne ter waarde van R23 000 in die destydse onderburgemeester se kantore, het ongeveer R200 000 gekos.

Die verslag daaroor wat dateer uit Maart vanjaar moes die DA verlede maand uit die administrasie wurg.Die bevindinge daarin verg streng dissiplinêre optrede.

Benewens die buitensporige uitgawes aan forensiese ondersoeke wat baie goedkoper deur ‘n SKOOR-komitee behartig kon word, het hierdie ongerymdhede vir jare lank rustig floreer onder die neuse van die ANC burgemeester en haar komiteelede, terwyl die destydse ouditkomitee (wat met ANC aanstellings gespog het), niks kon doen om die wanpraktyke te ondersoek of stop te sit nie.

Dit is omdat die ouditkomitees soos deur die wet voorgeskryf word, nie toegerus is om ondersoeke te doen of navrae te hanteer nie.

Die lede van die ouditkomitees is veronderstel om bekwame en onafhanklike persone buite die raad te wees (geen raadslede of amptenare nie). Hierdie persone kan sleg oorsigtelik optree en is gewoonlik uit voeling met wat op die grond aangaan.

‘n Staande komitee van die raad daarenteen, soos in die geval van die SKOOR komitee, word volgens artikel 79 van die Strukturewet saamgestel uit raadslede uit alle politieke partye en sodoende kan raadslede hul verantwoordelikhede en mede-verantwoordelikheid met amptenare, behoorlik nakom.

Of die afskaffing van die SKOOR komitee nou doelbewus of uit onkunde gedoen is, maak nie saak nie, die resultaat bly nog steeds dieselfde.

Dit is onverantwoordelik en kortsigtig en getuig van naïwiteit oor waartoe amptenare (en raadslede) in staat is indien hulle korrup sou wou optree.

Die DA is van mening dat so 'n komitee noodsaaklik is en dit is hoekom hoekom alle DA-beheerde rade binnekort so ‘n komitee mag instel.

Deetlefs du Toit
(Raadslid DA)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za