Kunskring vir Paarl
2005-06-09
ELKE tweede Dinsdag van die maand nooi Kunskring kunstenaars om oor hulle werk te kom praat of kunskenners om oor die praktiese en filosofiese aspekte van kuns te besin.
As jy ’n passie het vir kuns en die begeerte om dit met ander te deel, of as jy sommer meer van kuns wil leer, is hierdie net die plek vir jou.
Die volgende byeenkoms is Dinsdag om 19:00 by I love Wine (regoor KWV) in Hoofstraat, Paarl. Daar word gekyk na die dissipline van beeldhou en daar word gesels met verskeie plaaslike beeldhouers.
’n Donasie van R5 word by die deur gevra en wyn is per bottel te koop.
Kontak enige van die komiteelede vir meer inligting: voorsitter Nanette Ranger (863-3198 of 073-422-9999); sekretaresse Mariëtte Bierman (872-5776 of 073-226-1385); mediabeampte Janette Anderson (863-2186 of 082-856-2875) skrywer Sonja Burger (863-1654).
* If you are passionate about art, come to the Art Circle on Tuesday at 19:00 at I love Wine (opposite KWV), Main Street, Paarl.
More
News
|