Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lanquedoc All Stars deur na finaal

Lanquedoc All Stars deur na finaal
 
2007-10-04


DIE eerste span van Lanquedoc All Stars Rugbyklub het Saterdag tydens die semi-finaal van die Boland Plaasliga (Divisie 4) met Paarl United afgereken om hul plek in die finaal te verseker.

Die wedstryd het teen ’n vinnige tempo afgeskop met altwee spanne wat hard onder mekaar ingeklim het om beheer oor die wedstryd te kry.

Lanquedoc het egter te veel skietgoed vir hul teenstanders gehad en het hierdie kragmeting met 23-10 gewen.

Mario Goshia en Jonathan Andrews het die drieë vir All Stars gedruk, terwyl Denver Adams altwee drieë verdoel het en ook drie strafskoppe deur die pale gejaag het.

*Lanquedoc kom volgende Saterdag teen Simondium Crusaders in die finaal te staan by die Faurestraat-stadion. Die wedstryde begin om 13:00.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za