Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere se tande is nog stomp

Tiere se tande is nog stomp
 
2007-10-04


DIE Young Peoples Krieketklub (Tiere) het verlede Saterdag 'n teleurstellende vertoning gelewer nadat hulle met drie paaltjies teen Glamorgan by Daljosafat-stadion verloor het.

Die besoekers het die loot gewen en die Paarliete ingestuur om eerste te gaan kolf.

Die kolfblad was nog groen en baie vinnig, maar die toporde-kolwers van die Tiere het min veggees getoon en met swak houe hul paaltjies weggegooi.

Die tuisspan kon geen noemenswaardige vennootskappe aan die gang kry nie en het op reëlmaat paaltjies verloor.

Slegs Edwin Jacobs (47, 4x4) kon lank genoeg inbly om sy span se telling aan die gang te hou.

Young Peoples is in die 41ste beurt vir 147 lopies uitgehaal.
Glamorgan het met 'n geweldige spoed hul kolfbeurt begin en ná 15 beurte reeds 112 lopies sonder verlies aangeteken.

Die veelsydige Jacobs (4/21) moes tydens die Tiere se boulaanval weer hand bysit om sy span van totale vernedering te red.

Die besoekers het verder nóg drie paaltjies verloor, maar het die teiken in die 31ste beurt behaal.

Die boulers van Young Peoples het deurentyd die verkeerde lyn en lengte geboul en sodoende die taak vir Glamorgan vergemaklik.

Daarby het die kolfblad lateraan al makliker begin speel en was die tuisspan se veldwerk benede peil.

Peoples sal in hul afdeling hierdie seisoen hul sokkies moet optrek, omdat twee vangkanse en twee uithardloopkanse verbrou is.

* Die beseringspook het ook in die Peoples-kamp toegeslaan, en die naatboulers, Joshua Swanepoel (nek) en Lester Opperman (lies), die paaltjiewagter Lindsay Davy (knie), en die middelkolwer Marquin Julies (arm) sukkel met beserings voor die groot stryd Saterdag op Parysveld teen Paarl. Wedstryde begin om 09:45 .



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za