Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


GMT Paarl-Oos buig knie

GMT Paarl-Oos buig knie
 
2007-10-04

Jacques Rossouw

DIE eerste Twintig20 krieketwedstryde van die seisoen het verlede Sondag by Boland-park plaasgevind waar vier klubspanne (twee WP en twee Boland) teen mekaar kragte gemeet het.

Die span van GMT Paarl-Oos was die enigste plaaslike verteenwoordiger en het tydens die eerste kragmeting teen die Universiteit van die Wes-Kaap te staan gekom.

Paarl-Oos het hul kolfbeurt redelik goed begin met Morné de Vries wat sy goeie vorm van verlede seisoen voortgesit het.

Alhoewel De Vries ’n stewige platform vir Paarl-Oos gelê het, kon daar nie enige groot vennootskappe gebou word om dié poging te komplimenteer nie.

UWK het met goeie veld- en boulwerk die Paarliete beperk tot 100/8.
Die besoekers daarenteen het vroeg in hul kolfbeurt twee paaltjies verloor, maar Paarl-Oos kon ongelukkig nie nog ’n deurbraak maak om UWK finaal te knak nie.

UWK het met redelike gemak die teikentelling nagejaag vir hul 102/2 om die wedstryd met 9 paaltjies te beklink.

Tydens die tweede wedstryd van die dag het Hermanus Krieketklub met die Universiteit van Kaapstad afgereken om deur te dring tot die finale kragmeting teen UWK.

Die span van UWK het die Hermanus-manne laat bont staan om uiteindelik hierdie wedstryd ook te wen.

* Paarl-Oos I speel Saterdag weg teen Bergrivier terwyl Paarl-Oos II tuis teen Bergrivier te staan sal kom.

Hierdie klub bied ook Saterdag ’n Karaoki aan by die klubhuis.

Die verrigtinge sal om 19:30 begin en die kostes is R5 per persoon.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za