Klokke lui vir gesondheid van gees
2007-10-04
OP 10 Oktober is dit Internasionale Geestesgesondheidsdag. Sereno Kliniek is ‘n privaatpsigiatrie-kliniek in die Paarl wat veg vir die bekamping van die stigma wat aan psigiatrie gekoppel word.
Die stigma in psigiatrie is reeds eeue lank iets wat baie pyn veroorsaak vir individue wat ‘n psigiatriese diagnose het, asook vir hul geliefdes.
Die klok is in Psigiatrie ‘n teken van liberasie/bevryding.
Twee honderd jaar gelede het ‘n psigiater genaamd Phillipe Pinel kettings waarmee psigiatriese pasiënte fisies ingeperk is, afgebreek en gesmelt en dit in ‘n klok gevorm.
Hy het toe die klok gelui in bevryding van persone met geestessiektes en ook ander versoek om sy voorbeeld te volg.
Daarom het Sereno Kliniek ‘n versoek gerig aan die gemeentes in die Paarl om Woensdag om 12:00 hul kerkklokke te lui vir een minuut.
Sereno, op die hoek van Berlyn- en Optenhorststraat sal Woensdag ‘n program aanbied en die publiek en alle gesondheisdienswerkers word genooi om dit te kom bywoon.
Onder die sprekers is Louis Awerbuck, sielkundige 09:15-10:00 met Ons reis na geestesgesondheid, Adele Brink (maatskaplike werker) 10:00-10:40 met Persoonlike Instandhouding, Karen Roux (sielkundige) 11:00-11:40 met Waar is ek nou en hoe kom ek waar ek wil wees?, August Lohann (sielkundige) 12:00-13:00 met Die geheim van geluk/emosionele selfversorging en dr Susan Rabe 14:00-14:40 met Geestesgesondheid in die algemene bevolking.
Skakel Natasha Keyter by 021-872-9760 indien u sou belang stel om na die sprekers te kom luister.
More
News
|