Ontmoet die man, Neville Meintjies
2007-10-04
KOM ontmoet die bekende akteur Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan) by die Strauss-saal in Drakensteinweg Paarl-Oos môre om 19:30.
Hy is die genooide spreker van die Lighuis Familiekerk Paarl se opvoering waar verskillende kunstenaars soos La Treau Dansgroep van Kaapstad, gospelsangers Gertrude Ryan van Klapmuts en Agnes van Beaufort-Wes gaan optree.
Die tema van die gesprek is “Manne Moet Huis Toe Kom”, waar hy die man as rolmodel wil beklemtoon en ook om enkelouers te motiveer.
Kaartjies R20.
Skakel 021-862-8836.
More
News
|