Familie-kuier by Waterpoel
2007-10-04
DIS familievermaak by Die Waterpoel-teater Saterdag wanneer Marga van Rooy Lekkerlagstories vertel uit die pen van Dot Serfontein en PH Nortjé.
Dis skaterverhale met ’n plattelandse inslag wat met vindingrykheid en spitsvondigheid vertel word.
Volgende op Die Waterpoel kalender is die sangeres Luna, op 27 Oktober.
Dan sal hierdie sangeres haar gehoor betower met romantiese en mistieke musiek so wonderlik soos net die volmaan kan wees oor Waterpoel.
Kontak Trudy by 082-896-9863 by die teater in Windmeul, langs Rhebokskloof.
More
News
|