Kermis met tant Grietjie
2007-10-04
DIE VGK Bergrivier hou Saterdag van 10:00 kermis by die Pelikaanpark Sportvelde, met die bekende tant Grietjie van Garies en Pieter van der Westhuizen op die verhoog.
Grietjie Adams (80) is bekend vir haar vriendelikheid, vrede, liefde, sang en musiek, raaisels en rympies.
“Met waarheid kom gelukkigheid, vryheid en gemaklikgeit,” is haar leuse.
Tant Grietjie was nou al op televisie en op die verhoog by die KKNK en ‘n mandjievol ander feeste. Vanjaar is haar CD, 'Ons Khôkie Sommer Sag’ie’, vrygestel saam met Pieter van der Westhuizen.
Van der Westhuizen, van Vredendal, is bekend vir sy kitaarspel en storievertellings eie aan Namakwaland, Boesmanland en die Richtersveld.
Hy het nie net by stringe feeste in Suid-Afrika opgetree nie, maar ook oorsee.
Behalwe Pieter en die bekende tante se optrede by die VGK kermis op Wellington Saterdag, is daar baie ander aktiwiteite om gaste die dag te laat geniet.
Hillcrest Primêr se trompoppies gaan hul passies doen, terwyl die Brigade asook die Wellington Klopsegroepe optree.
Vir die kinders is daar springkastele, waterglybane, eetgoedtafels en nog vele meer.
Skakel Johan Wagenstroom vir meer inligting by 082-847-2225.
More
News
|