Son skyn in kerk
2007-10-04
DIE eenmanvertoning, Venster vol Son deur Marianne Kitching, word 13 Oktober om 19:30 in die Toringkerk, Paarl, aangebied.
Die verhoogstuk, geskryf deur Wellingtonner Winnie Rust, is gebaseer op die herstelproses van Alexa Kirsten, ook van Wellington, nadat sy beseer is in ’n poging om haar buurvrou te help toe sy aangeval is.
Alexa se buurvrou, Lisbé Smuts, is in haar geskiedkundige woning, Twistniet in Burgstraat, vermoor.
Die kaartjies (R30) vir die vertoning volgende Saterdagaand, is ten bate van Drakenstein Hospice.
Om te bespreek vir die vertoning wat stampvol sale trek, skakel Linda by Hospice 021-872-4060 of besoek Hospice by Bredastraat 102, Paarl.
More
News
|