Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees van perd en wyn

Fees van perd en wyn
 
2007-10-04


’n DRIEDAAGSE feesviering van die Perd en Wyn vind van 19 tot 21 Oktober plaas by Nelson’s Creek in Agter-Paarl.

Op Vrydag 19 Oktober is die fokus op skoolkinders en pensionarisse wat ‘n spesiale toegangsafslag sal geniet.

Op Saterdag 20 Oktober en Sondag 21 Oktober verskuif die klem na die hele gesin, met hope pret en interessanthede vir ma, pa, ouma, oupa en kinders van alle ouderdomme.

Alle perderasse, groot en klein, word op die fees ten toon gestel.

Van die kleinste miniatuur ponies tot die grootste Percheron perde sal optree en besoekers sal die geleentheid hê om, benewens die trekperdbedrywighede, ook meer te leer van ander perdesportaktiwiteite, soos gymkhana, perdespring, dresseerwerk, uithouritte, polocross en baie meer.

Die Feesviering van die Perd en Wyn, wat hierdie jaar vir die tweede keer op die Nelson Wynlandgoed aangebied word, het ook ‘n baie belangrike erfeniskomponent met aktiwiteite van toentertyd, soos wawielmaak, perde beslaan, tuiemaak en perdeploeg wat gedemonstreer sal word.

Daar sal ook heerlike wyn, tradisionele kossoorte soos spitbraai, afval, sosaties en braaivleis wees.

Met meer as 100 stalletjies, twee arenas, ‘n veilige kinderspeelpark, en lekker musiek van twee uitstekende orkeste, is hierdie voorwaar ‘n fees wat nie misgeloop mag word nie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za