Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hospitaal wag vir nuwe baadjie

Hospitaal wag vir nuwe baadjie
 
2005-06-09


GROOTSKAALSE ombouings en aanbouings van R240 miljoen oor ’n tydperk van vier jaar is op die boeke vir Paarl Hospitaal.

Daar word nog gewag vir die groen lig van die nasionale Departement van Gesondheid, maar intussen het die Wes-Kaapse Minister, Pierre Uys, sy steun aan die projek toegesê.

Minister Uys, wat onlangs ’n welwillendheidsbesoek aan die hospitaal gebring het, sê die projek moet prioriteit geniet.

Daar word reeds etlike jare gewerk aan die beplanning en sodra nasionale toestemming ontvang word, sal daar dadelik met bouwerk begin kan word.

Die “nuwe” hospitaal sal meer pasiënt-vriendelik wees vir staatspasiënte, maar ook private pasiënte.

Daar sal heelwat bestee word aan nuwe toerusting en voorsiening word ook gemaak vir ’n lugambulans.

Die oorspronklike hospitaalgebou agter die hoofgebou is in die 1920’s opgerig, met die toringblok wat in die vyftigerjare bygekom het. Deur die jare is verskeie opslaangeboue ook opgesit om die kapasiteit te vermeerder.

Die planne maak nou voorsiening vir ’n uitbreiding van die bestaande toringblok aan die noordekant.

Daar kom ook ’n nuwe tweeverdiepingblok voor met die hoofingang.
Hoofsaaklik buitepasiënte sal hier hanteer word, met ’n moderne teekamer as een van die fasette.

Alle tydelike geboue sal gesloop word en die historiese geboue gerestoureer word.

Die ombouings sal stuk-stuk geskied om so min ontwrigting as moontlik mee te bring.

Die aantal beddens sal vermeerder van 250 tot 330.
Dr Breslau Kruger, superintendent van die hospitaal, het ’n kort uiteensetting aan die Minister gegee van die dienste wat gelewer word.

Die hospitaal lewer as streekhospitaal tans ’n diens aan 550 000 mense.

Pasiënte wat trauma-behandeling ontvang, het toegeneem van 36 868 in 2000 tot 39 984 in 2004.

In dieselfde tydperk het toelatings vermeeder van 17 992 na 21 024.
Verskeie spesialiste het die besoek van die Minister meegemaak en ook ’n sterk pleidooi gelewer vir die opgradering.

Hulle sê pasiënte én personeel ly onder die huidige omstandighede.

* Paarl Hospital is to be extended and renovated to the tune of R240 million.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za