Koop geskenke by die Kersmark
2007-10-11
DIE derde jaarlikse Kersmark van die NG Gemeente Franschhoek is weer op hande ná die fenomenale sukses van verlede jaar.
Die mark in die kerksaal duur agt dae lank vanaf Vrydag 26 Oktober tot Saterdag 3 November. Dit sal elke dag vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees behalwe Sondag 28 Oktober.
Een-en-sestig uitstallers vanoor die hele Wes-Kaap gaan vanjaar hulle handgemaakte produkte aanbied.
Kom koop daar unieke Kers- en ander geskenke.
Kredietkaart-fasiliteite sal beskikbaar wees.
Geniet ook ligte etes, pannekoek, koek, koffie, tee en koeldrank in die markiestent voor die saal.
Vir meer inligting, skakel Amelia by 072-254-7722.
More
News
|