Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koorsang, country en konsert

Koorsang, country en konsert
 
2007-10-11


DIE jaarlikse konsert wat deur die Paarl Bel Cantokoor en die Bethel Congregational kerkkoor gereël word, vind plaas Sondag om 18:00 in die Bethel Cong Kerk.
Die program bestaan uit koorsang wat deur tien plaaslike kore aangebied word.
Agt van die kore wat uit verskillende gemeentes in Paarl-Oos kom, vorm ook deel van die massakoor onder leiding van die bekende koorleier David Samaai.
Die aand word op ’n hoë noot afgesluit met koorstukke soos Glory to God van Händel, A song of peace van Sibelius en die bekende “You raise me up”.
Drie leerders van die Klein Nederburg Sekondêre Skool sal ’n trio vorm met hul orkesbegeleiding onder leiding van Jeffrey Lombaard, hul musiekonderwyser, terwyl Jo-nette Lekay, bekende sopraan, twee Mozart-arias sal sing wat luister aan die program sal verleen.

* DIE Country en Gospel sanger, Ken Mullen, tree Saterdagaand om 19:00 in die CP van der Merwesaal, Wellington, op.
Kaartjies is R50, R40 en R30 by Write Shoppe, Wellington.
Vir navrae, skakel Marietjie Snyman by 082-879-7645.

* ’n KONSERT met Douglas Masek (saksofoon) en Elna van der Merwe (klavier) word Sondag om 17:00 deur die Wellingtonse Musiekvereniging in die Goodnowsaal aangebied.
Kaartjies is by die deur beskikbaar teen R60. Geniet ’n glasie wyn saam met die kunstenaars ná die tyd.
Vir navrae, skakel Dalene 021-873-1278.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za