Roofslagoffer sterf
2005-06-09
ONBEKENDE rowers het Vrydagaand ’n man tromp-op geskiet waar hy langs ’n vuur by sy woning in Suider-Paarl gesit het.
Attie Galant (51) het om 23:40 saam met vriende by Boland Bricks gekuier toe drie mans in stortreën uit die donker op hulle afgestap het.
Die verdagtes het ’n mes uitgepluk terwyl die ander ’n vuurwapen gerig het. Die rowers het die mans vir kontant deursoek.
’n Skoot is afgevuur en Galant is in die blad getref. Hy het kort daarna aan die wond beswyk.
Insp Cathy Korff (807-4000) is op soek na die drie verdagtes, Xhosa-sprekend, twee kort en een lank, wat ná die rooftog in die donker verdwyn het.
* ’n Jong man is Saterdagnag in Paarl-Oos met ’n mes vermoor.
Dawid Pienaar (26) van Jan Groentjiestraat 286, Amstelhof, het naby sy huis gestap toe hy aangeval is. 'n Beloning word aangebied vir inligting wat kan lei tot ’n skuldigbevinding. Norman Swartz is in hegtenis genem. Skakel vertroulik die ondersoekbeampte, insp Shane Pietersen (807-4000) met inligting.
More
News
|