Cellie speel die rol
2007-10-11
’n LEERLING van La Rochelle Hoër Meisieskool, Marcelle (Cellie) Steinmetz, voer haar eie kabaret, “Play the part”, op in die Ou Meul-teater in die Paarl op 19 Oktober om 17:30. Cellie het self die toneelstuk geskryf.
Saam met haar is Euonell Grundling, Elizabeth Moll, (leerlinge by La Rochelle, Dalene Olivier (onderwyseres by La Rochelle), Ivan Vorster, Thomas Weighill (albei van HJS), sal wys hoe die lewe van die teater die akteur se siel uitrek.
Ook deel van hierdie kabaret is Celeste Loriston (drama-onderwysers wat help met die reëlings), en Celia Burger (onderwyser by HJS), wat die klank en beligting doen.
“Play the part” belowe om jou sintuie te streel en jou met trane en ’n glimlag huis toe te stuur. Moet dit nie misloop nie!
Die kaartjies kos R30. Skakel Marcelle by 072-970-4445 vir kaartjies en navrae.
More
News
|