Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrouekrag draai die meul

Vrouekrag draai die meul
 
2007-10-11


’n PASSIE vir teater en ’n droom om dit ’n realiteit te maak, is wat die twee “master brains” van die Ou Meul-teater in die Paarl, Vicky Stemmet en Celeste Loriston, in gemeen het.

Tans woeker hierdie twee vroue dat dit gons by die Ou Meul om ’n teaterkultuur in die Paarl te skep.

En dit sonder vergoeding - bloot net ’n passie vir teater.

Vicky, wat in die Kaap gebore is, maar sedert tienjarige ouderdom in Aurora naby Piketberg grootgeword het, doen die openbare skakeling van die teater, en Celeste, ’n boorling van Gauteng maar ’n Bolander sedert 1989, skryf teaterproduksies en speel soms self daarin. So vul hulle mekaar aan.

“Die oorspronklike idee was om ’n klein Baxter-teater wat 24 uur oop is, te skep in die Paarl.

“Maar die inkomste wat ons tans maak, is nie genoeg om die onkostes te dek nie.

“Maar hierdie is ’n droom wat ’n waarheid sal word. Die Ou Meul-teater sal werk,” het Vicky hierdie week met groot opgewondenheid gesê.

Tans is hierdie twee dames hard aan die werk om die gebou te laat opgradeer en hoop om moontlike borgskappe vir die opknapping vna die teater uit die gemeenskap te kry.

Sy vertel dat haar passie vir teater het op laerskool begin het.
“Die skoolsaal was altyd gebruik vir byeenkomste, maar met die Kruikopvoerings is vlae en kostuums in die saal gebring, dan was dit vir my soos “magic”.

“Dit is hoe my liefde vir teater begin het.

“Ek het eers met outistiese kinders gewerk by ’n kleuterskool. En dit het my ’n sagte plek gegee vir kinders, en saam met my passie vir teater, het my liefde vir kinderteater ontstaan.

“Ek het drama studeer by Northlink Kollege in Bellville en vier jaar gewerk by die Amfiteater by Spier.

“Daarna was ek vir twee jaar deel van die span van die bekende akteur Albert Maritz en betrokke by reëlings vir Aardklop en KKNK,” sê Vicky.

Vicky is getroud met ’n IT ingeneur Wihan Stemmet, wie baie lief is vir musiek en is ook die “band” leier by hul kerk.

"Hy kan omtrent enige instrument speel en kan eintlik mooi sing ook en sal 1 Desember optree by die Ou Meul-teater met ’n “Tribute to John Denver”.

“Ons het nie kinders nie, en as ons ’n kans kry, ry ons saam motorfiets.,” borrel Vicky oor haar lewe buite die Ou Meul-teater.

“Ek het so ses maande gelede vir Celeste ontmoet en ons passie en liefde vir drama en ’n gemeenskaplike droom om ’n teater te laat werk in die Paarl, is ons dryfkrag agter die Meul-teater,”

Celeste onderrig tans drama op ’n deeltydse basis by La Rochelle terwyl sy haar driejarige doger, Camile, grootmaak.

“Camile groei op in die teater. Aard seker maar na haar ma.”
Celeste is getroud met Bertram, ’n kwaliteitsbestuurder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

“Hy is glad nie betrokke by teater nie, maar ondersteun my geweldig baie,” sê Celeste.

Sy het elf jaar drama onderrig by New Orleans Sekondêr, tot 2004.

“Hier het ek meer begrip gekry vir ons land met die verskillende kulture. En my oë het ook oopgegaan en gesien hoe selektief sekere dinge steeds gebeur,” het Celeste gesê met ietwat van heimwee, maar tog vol hoop vir die toekoms.

“Ek het na elf jaar in die onderwys bedank, want my passie om toneel te speel en produksies te skryf het die oorhand gekry.

Sy skryf baie kinderteaterproduksies en dit word opgevoer in die Ou Meul. Onlangs het sy ook in die drama, Diepe Grond, wat tydens Cultivaria opgevoer is, gespeel.

Die twee is dit eens dat ’n teater “gelukkig” is as daar mense binne is.

“Ons wil die Ou Meul ’n gemeenskapsprojek maak. Ons wil almal in die gemeenskap hierby betrek, en veral skoolkinders, betrek by opvoerings.”

“Die Ou Meul-teater is nie ’n ding wat gaan doodloop nie. Dit is hier om te bly,” sê albei van hulle in een asem.

Die Ou Meul-teater, eens die Paarlse brandweerstasie, is amptelik in April 1971 geopen deur die Paarl Teaterklub.

’n Bloeitydperk het vir die klub voorgelê, en verskeie toneelstukke in beide Engels en Afrikaans is gereeld opgevoer.

In 1976 het televisie sy tol begin eis, maar die klub het met harde werk bly voortbestaan tot ongeveer 1986. Die Ou Meul-teater se deure is 1987 toegemaak. Met die inisitief van Peal Retief is 'n nuwe klub gestig gedurende 1991.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za