Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toekoms van Pinotage lyk rooskleurig

Toekoms van Pinotage lyk rooskleurig
 
2007-10-11


DAAR is vanjaar ‘n rekord 148 wyne vir die gesaghebbende Absa Top 10 Pinotage kompetisie ingeskryf en kommentaar deur die twee internasionale beoordelaars op vanjaar se paneel is ‘n teenoorgestelde prentjie as 31 jaar gelede.

‘n Groep Britse Meesters van Wyn het in 1976 ná ‘n besoek aan Suid-Afrika die stelling gemaak dat Pinotage geen toekoms het nie.
Die gevolg was dat baie wingerdboere hul Pinotage wingerde destyds verwyder het en feitlik geen nuwe Pinotage wingerde is vir ‘n wyle aangeplant nie.

Nou skyn daar egter ‘n blink finansiële toekoms vir hierdie inheemse druifsoort weens die stylvolle gehalte wat die moderne wêreld se tendense na wynsmaak aanvul
.
Een van die Britse Meesters van Wyn wat in 1976 deel was van daardie groep, Julian Brind, was vanjaar een van die beoordelaars op die paneel van sewe. Hy was ook vir baie jare ‘n aankoper van wyn vir ‘n Britse supermark.

Hy beskou Pinotage nou as een van die wêreld se topklas rooiwynvariëteite.

In ‘n onderhoud ná die beoordeling het Julian Brind die stelling gemaak dat al die inskrywings vir vanjaar se kompetisie van uitstaande hoë gehalte op internasionale standaarde is en dat dit bykans onmoontlik is om net die top tien wyne aan te wys.

“Ek dink die res van die wêreld moet hierdie wyne ontdek en veral Suid-Afrikaners moet uiters trots wees daarop. Die balans van vrug, egaligheid en goeie integrasie van tanniene is ‘n aanduiding van die talent van wingerdboukundiges en wynmakers in Suid-Afrika. Hulle het dit vir ons baie moeilik gemaak om net die tien beste uit te wys,” sê Julian.

Michelle Cherutti-Kowal, ‘n wynlektor in Brittanje en internasionale wynkenner, het die stelling nog verder gevoer deur Pinotage te vergelyk met die ultra-premium Franse wyne uit Boergondië, die wêreld se ikoon wynland vir uitsonderlike hoë gehalte en stylvolle rooiwyne.

Die uitslae van vanjaar se Absa Top 10 Pinotage kompetisie word op 31 Oktober in Kaapstad bekend gemaak.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za