Mini-krieket fees beplan
2007-10-11
DIE jaarlikse Boland provinsiale mini-krieketfees vind Saterdag 27 Oktober by Boland-park in die Paarl plaas.
Dié geleentheid sal om 09:00 die oggend begin en duur tot 14:00 die middag.
Meer as 800 spelers van skole regoor die Boland gaan hierdie opwindende dag bywoon en dit beloof om groot pret vir almal te wees.
Vir meer inligting, skakel Yvette Tsolo by 021-862-4580 of 083-296-9936.
More
News
|