Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vyfster Van der Vyvers verras

Vyfster Van der Vyvers verras
 
2007-10-11


DIE tienjarige Luan van der Vyver van Laerskool Hugenote op Wellington is onlangs in Monaco aangewys as die biathle-wêreldkampioen in sy ouderdomsgroep.

Luan het saam met sy suster Hanré (12) en sy pa Johan (42) teen meer as 340 atlete van 22 ander lande deelgeneem tydens die 9de aanbieding van hierdie byeenkoms.

Bo en behalwe Luan se goue medalje het Hanré ’n sewende plek in haar afdeling behaal terwyl Johan die vyfde meester oor die wenstreep was.

“Dit was baie lekker gewees om in Monaco te wees,” het Luan vertel.

“Ek was baie opgewonde om deel te neem, en ek was nie regtig bang vir die ander deelnemers nie.

“Dit voel baie lekker om wêreldkampioen te wees,” het Luan met ’n skaam glimlag gesê.

Hy het vroeër vanjaar die SA Tweekamp-titel verower en het verlede jaar ook aan die SA skaakkampioenskap deelgeneem.

Hy is verder ook die SA swemkampioen in die 50m-vryslag én 50m-vlinderslag terwyl Hanré vir die afgelope vier jaar onder die top tien by die SA’s geëindig het.

Buiten hierde sporte is Luan ook ’n kranige tennis- en hokkiespeler. Hanré blink weer uit in netbal en hokkie.

* Jannie Briers-Louw (Hoërskool Paarl Gim) en Suzaan Broodryk (Laerskool Paarl Gim) het elkeen ’n tweede plek in hul onderskeie afdelings by die Biathle-wêreldkampioenskap verower.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za