Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie Cultivaria

Dankie Cultivaria
 
2007-10-11


ONS wil graag die direksie van Paarl Cultivaria bedank vir die wonderlike voorreg wat die inwoners van Huis Vergenoegd kon ervaar om deel van die Paarl Cultivaria 2007 te wees.

Baie dankie aan u feeskonsultant, Hennie Smit, vir sy empatiese uitreik na die ouer persone in die Paarlse gemeenskap.

Baie dankie ook vir die kulturele geleenthede wat hy namens die Cultivaria-direksie aan die ouer persone kosteloos aangebied het, en die waarde wat hy sodoende tot hul lewens toegevoeg het met die regstreekse uitsending van RSG op 20 September.

Dit was ongetwyfeld die hoogtepunt in menige vereensaamde Paarlse bejaarde se lewe om hul geliefde RSG – hul enigste geselskap waarop hul kan staatmaak deur dik en dun – in lewende lywe te ervaar.

Hulle het die geleentheid gehad om die gewilde omroepers, Martelize Brink en Johan Rademan, en kunstenaars Louis Loock, Neil Rademan, Charlene Truter, Danie Niehaus, Matthys Roets en Kevin Leo te ontmoet, aan hulle te raak en met hul te gesels.

Vir die inwoners van Huis Vergenoegd was hierdie blootstelling soos ‘n verjongingskuur! Baie dankie – ons sal graag weer betrokke wil wees by Cultivaria 2008!

Hierdie “byhou” en “laat nuttig en van waarde voel” van die Paarlse ouer persone, het die Cultivaria 2007 `n hemelse glinster gegee.

Lydia Corbett
Maatskaplike werker:
Huis Vergenoegd, Paarl



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za