Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rede vir afskaffing van hierdie komitee

Rede vir afskaffing van hierdie komitee
 
2007-10-11


RAADSLID Deetlefs du Toit van die DA maak in die Paarl Post van 4 Oktober (“Raad is kortsigtig met staak van komitee”) sekere bewerings wat nie onaangespreek gelaat kan word nie.

Die ANC posisie rondom die sogenaamde Skoor Komitee is openlik en duidelik gedurende die Raad se gewone Raadsvergadering op 30 Augustus gestel.

* Die DA het ‘n komitee voorgestel wat in terme van die verwysingsraamwerk geensins verskil van die Ouditkomitee wat volgens die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële
Bestuur (Wet Nr 56 van 2003) in alle munisipaliteite ingestel moet word nie.

Dit is dieselfde Ouditkomitee wat vroeër die jaar deur ‘n DA mosie geskrap is, juis omdat die Komitee onafhanklik is en na die pype van die DA en in die besonder rdl Du Toit gedans het nie.

Die afgewaterde argument dat die Ouditkomitee nie oor ‘n spesialis in Prestasiebestuur beskik het nie, was ‘n flou verskoning om die Ouditkomitee af te skaf.

Tot vandag, meer as ses maande later, het die DA beheerde koalisie nog nie die Komitee heraangestel nie en loop die Munisipaliteit alreeds die gevaar om ‘n kwalifiseerde Ouditverslag van die Ouditeur-Generaal te ontvang aangesien elke munisipaliteit verplig is om ‘n onafhanklike Ouditkomitee te hê (Klousule 166 van Wet Nr 56 van 2003).

* Die ANC het aangevoer dat die Raad se komiteestelsel (Finansiële Komitee) voldoende geleentheid bied vir Raadslede en hulle oorsigrol te vervul sonder om in die administrasie in te meng.

Bogenoemde is in lyn met die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet (Wet Nr 32 van 2000 soos gewysig), wat die rolle en verantwoordelikhede van amptenare en raadslede duidelik uitspel.

Dit blyk uit Rdl Du Toit se skrywe dat raadslede nou self ondersoeke moet lei en verhore moet hou, ‘n funksie wat duidelik in die domein van die administrasie behoort.

* Die ANC se verdere probleem met die voorgestelde Skoor-komitee was die buitensporige en ongekende magte wat die Komitee homself toedig, wat insluit magte om ‘n raadsbesluit te verontagsaam.

Die Komitee het selfs magte om op die basis van die geringste suspisie of gerugte van fluisteringe ondersoeke te loods. Die ongekende onsekerheid wat dit onder amptenare sal veroorsaak en die gevolglike gebrekkige dienslewering, word nie in ag geneem nie.

* Du Toit praat van die koste van ondersoeke asof hy en sy soort gekwalifiseer is om hierdie ondersoeke te doen. Sou hulle dit wel doen, sal dit ‘n oortreding van die gedragskode vir raadslede wees.

Terwyl die DA in beheer was, het hulle links en regs ondersoeke laat doen teen swart amptenare, waarvan die totale koste eersdaags bekend sal wees en wat die ANC definitief aan die belastingbetaler bekend sal maak.

Du Toit is bewus dat een van die aanstellingsvoorwaardes van KPMG om interne ouditdienste aan die Raad te lewer is dat hulle die nodige kapasiteit in die Raad se interne ouditafdeling moet skep ten einde interne ouditfunksie in-huis te hanteer.

Die proses behoort aan die einde van Desember afgehandel te wees, en dan sal konsultante nie meer benodig word nie.

Ten slotte blyk dit uit Du Toit se brief dat hy net tevrede sal wees as hyself die ondersoeke behartig, want hy vertrou niemand nie, veral nie swart mense nie.

Hierdie Raad sal egter nie die wette van die land verbreek net om aan dié soort drange toe te gee nie en sal alles op ‘n wettige manier doen om korrupsie en nie-dienslewering te beveg. Ons mense verdien dit.

David Xhaso (hoofsweep)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za