Piekniekdans
2007-10-18
BEAMPTES van Drakenstein Korrektiewe Dienste bied ’n piekniekdans aan by hul saal môreaand om 20:00 met die band Interludes.
Toegang is R50, kroeg beskikbaar en vervoer is gratis.
Vir meer besonderhede, skakel Sandra Muller by 078-367-4937.
Die opbrengs is ten bate van lewerbaba Lu-Aim Fillies, dogter van beampte Pedro Fillies
Lu-Aim het onlangs ’n leweroorplanting gehad, en moet daagliks tussen Kaapstad en die Paarl vervoer word vir behandeling.
Die Lu-Aim Fillies Trust Fund is gestig om haar familie finansieel te help met mediese uitgawes.
More
News
|