Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Humor en patos by Simonsvlei

Humor en patos by Simonsvlei
 
2007-10-18


DIE uiters gewilde opvoering Art of Charf met Wilson Dunster en Elize Cawood word op Vrydagaand 9 November en Saterdagaand 10 November om 20:15 by Simonsvlei in die Paarl aangebied.

Gloria van der Vyver (Elize Cawood) se lewe en loopbaan by die Lady Lonely Hearts se uitgaanklub is iets van die verlede.

Sy was ook ’n ruk lank “agony aunt” by ’n tydskrif waar sy menige leser se kommer versag het, maar dis nou alles iets van die verlede, moderne tegnologie het gesorg dat haar besigheid se voortbestaan onnodig is.

Deesdae gebruik mense “chat rooms” en “on line dating services” om ’n geskikte lewensmaat te ontmoet. Behalwe nou vir Cedric Tidbury (Wilson Dunster).

Hy daag op terwyl sy besig is om haar kantoor op te pak. Cedric is ’n afgetrede, geskeide loodgieter van Benoni en ’n kliënt wat glad nie moderne tegnologie verstaan of besit nie.

Sy huis is te groot vir hom en sy hond, en hy smag na ’n sielsgenoot. Hy glo Gloria kan hom help.

Alhoewel dit in Engels opgevoer word, is dit ’n lewensgetroue en eg Suid-Afrikaanse opvoering. Jy’s byna voortdurend geamuseerd, lag hardop en verkyk jou aan die afwisselings en subtiele spel.

’n Wyn en peuselete word van 19:30 aangebied.

Kaartjies kos R100 en sluit die wyn en peuselete in.

Vir inligting, skakel 021-872-3187 soggens.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za