Help kies komitee vir biblioteekdiens
2007-10-18
’n NUWE biblioteek-komitee vir die Drakenstein-biblioteekdiens moet verkies word vir die termyn 2008 tot 2010.
Hierdie komitee adviseer die Raad aangaande biblioteeksake om ’n effektiewe biblioteekdiens aan die gemeenskap te bevorder.
Mense wat genomineer word, moet gewillig wees om diensbaar aan die publiek te wees en kwartaallikse vergaderings getrou by te woon.
Die publiek word uitgenooi om geskikte kandidate te nomineer.
Nominasievorms is verkrygbaar by biblioteke in die Drakenstein munisipale gebied.
Voltooide vorms moet voor 20 Oktober by biblioteke ingehandig word.
More
News
|