Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee mans verkool

Twee mans verkool
 
2007-10-18


TWEE Paarlse mans is onlangs oorlede in ’n gru-ongeluk waarin albei verkool het.

Die ongeluk het op Saterdagaand 18 Augustus tussen Piketberg en Moorreesburg plaasgevind toe die motor die pad verlaat en gerol het.

Die motor is bestuur deur Leon Snygans, met Roy Laker (19) as sy passasier.

Hoewel Snygans onmiddellik geïdentifiseer is, is daar eers verlede week met sekerheid vasgestel dat die ander oorledene wel Roy was, nadat bloedtoetse op sy gesinslede gedoen is om die DNA te vergelyk.

Roy word oorleef deur sy ouers, Roy en Mariëtte Laker, ’n broer en drie susters. Hy was die jongste kind.

Die begrafnisdiens is Saterdag 11:00 in die NGK Paarlberg.

Snygans word oorleef deur sy vrou Beatrix, seuntjie Stefan (6) en broer Francois.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za