Voorbidders word genooi
2007-10-18
‘n BEKENDE pastoor uit Indië, Anton Cruz van Brotherhood Missions, preek Sondag om 10:00 in die NG Kerk Suider-Paarl.
Hy word gereken as die nuwe “Moeder Theresa” in Indië waar sy organisasie 8000 huislose en gestremde kinders ondersteun.
Na die diens is daar ‘n kort inligtingsessie oor ‘n strategie vir alle intersessors in die Paarl, met die oog op transformasie.
Dit word gelei deur ‘n groep uit die Paarl wat onlangs die Konferensie van die International Transformation Network (ITN) in Mar del Plata (Argentinië) bygewoon het.
Die hoofdoel van ITN is dat kerk-, gemeenskaps-, politieke en sakeleiers van stede en dorpe hande vat om gemeenskappe te transformeer.
Tydens die diens is die kinder-, kleuter-, peuter en babakerke ook oop.
More
News
|