Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Noodlot tref gesin

Noodlot tref gesin
 
2007-10-18


DIE noodlot het ’n gesiene gesin van die Paarl getref toe hul enigste seun, ’n belowende universiteitstudent, in die vroeë oggendure Saterdag in ’n motorongeluk gesterf het.

Oliver Fortuin (22), seun van prokureurspaar Lloyd en Chantal Fortuin, het saam met ’n medestudent, Kurt van Wyk, in die Paarlse Hoofstraat gery in die rigting van Klapmuts.

Fortuin het vermoedelik naby die aarbeiwinkel beheer oor sy swart Honda verloor, waarna die motor oor die pad gerol het tot in die teenoorgestelde verkeersbaan.

Albei mans is uit die voertuig geslinger en Fortuin is op slag dood.
Van Wyk is met enkelbeserings na die Paarl MediClinic geneem, waarna hy ’n operasie op die een enkel ondergaan het.

Fortuin was ’n finale jaar B.Comm student aan die Universiteit Wes-Kaap. Hy wou volgende jaar verder studeer om ’n honneursgraad in Ekonomie te verwerf.

As student aan Klein Nederburg Sekondêr was hy ’n A-kandidaat, asook lid van die Paarl junior stadsraad.

Maandagoggend was ’n ruiker op Oliver se bed stille getuienis van die tragedie wat dié familie getref het.

Sy verslae pa, Lloyd, het gesê dat ’n ouer nie vir ’n beter kind kon vra as Oliver nie.

“Oliver was ’n hardwerkende, voorbeeldige seun. Al die jonger kinders wou soos hy wees.

“Hy sou enigiets vir sy vriende doen en hy was my beste vriend.”
Kurt se pa Cyril, het gesê dat sy seun fisies aan die genees is, maar die skok van sy vriend se dood het ’n geweldige emosionele uitwerking op hom.

Oliver word oorleef deur sy ouers en ’n suster, Ilke (19).

Hy word Saterdagoggend ter ruste gelê met ’n diens 10:00 vanuit sy ouerhuis te Seinelaan 10, Klein Parys, en 11:00 in die Church of the Annunciation, Rose-Innesstraat.

’n Vriend van die gesin het gesê dat daar nou baie stories is oor wat die oorsaak was van die ongeluk, onder meer dat daar ’n stryery was met die insittendes van ’n ander voertuig by ’n kuierplek waarvandaan hulle vertrek het, maar niks kan tot dusver bevestig word nie.

“’n Wonderlike, belowende jongman het tragies gesterf en dit is nie nodig om nou stories rond te dra nie.”

* ’n Fietsryer is Sondagoggend dood toe hy in Symphonylaan by Smartietown, Daljosafat teen ’n lamppaal vasgery het.

Hendrik Philander (40) is op die toneel dood nadat hy vermoedelik teen ’n hoë spoed die paal getref het. Hy het aan veelvuldige kopbeserings gesterf.

* Sondagmiddag het ’n vrou op die Bergrivierplase-pad gesterf, toe ’n band van die voertuig waarin sy ’n passasier was gebars het.

Die motor het gerol en Ilana Nuwegeld (23) is dood nadat sy uit die voertuig geslinger is.

* A promising, young student died in a tragic motor vehicle accident on Saturday morning.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za