Outydse basaar
2007-10-18
IS jy lus vir ’n outydse plaasbasaar met tafels wat kreun onder lekkernye soos koeksisters, mosbolletjies, melktert en poedings?
Dan is die NG Kerk Wellington-Oos basaar op Saterdag 27 Oktober van 08:00 (hoek van Cummings- en Barlinkastraat).
Kom koop ook top gehalte vleis, heerlike vars vrugte en groente en bederf jou geliefde met ’n bos blomme of mooi plant.
Kom snuffel na “skatte” op die “Wit Olifant tafel” en gee die kinders vrye teuels met speletjies en treinritte.
Saterdag kan jy stap, draf of trap vanaf die kerk (alle inskrywings vanaf 06:00 teen R15 elk).
Om 06:30 is dit ±20km bergfietsroete, om 06:30 is dit fietsry om die Perdeskoen en 07:00 is dit pretdraf- en stap om die Perdeskoen.
Daar is ’n prystrekking om 08:15.
Saterdagaand is dit hoenderbraai vanaf 18:00 by die kerk. Kaartjies is R35 vir ’n driegangmaaltyd (bring u eie drinkgoed en eetgerei) of R12 vir ’n kinderete.
Kaartjies beskikbaar by Wellington-Oos kerkkantoor 021-873-2690.
Kontak Hentas Kotzé by 083-309-7411 of Johan van der Vyver by 082-772-0260 oor die sportitems.
More
News
|