Gratis sielkundige hulp
2007-10-18
HET u al af gevoel of gevoel stresvolle gebeure gaan u oorweldig? Of was daar al ’n geleentheid wat u gedink het, u hoor iemand praat wat nie daar is nie? Miskien het u al angs ervaar of ’n angsgevoel gekry? Hierdie ervarings is deel van ons leef-wêreld.
Omdat daar so baie mense is met psigiese probleme, het die departement van Gesondheid in samewerking met Goeie Hoop Sielkundige diens, besluit om môre gratis ondersteuningsgroepe te loods by ’n funksie.
Dit begin om 10:00 in die Annunciation kerksaal in Van der Stelstraat, waarna die groepe gevorm sal word.
Almal is welkom om 12:30 aan te sluit by die groepe.
Daar is verskillende groepe: ouerleiding, angs en depressie, en skisofrenie en dementia.
Die doel van die groepe is om versorgers van pasiënte en familielede by te staan en te onderrig rakende die probleem.
Vir meer inligting, skakel Sara van Tonder by 082-772-0699.
More
News
|