Ribbes steek uit
2007-10-18
EK is aan die onder-ent van Lady Greystraat geleë. Ek dra die verkeer, groot en klein, en mense stap dag en nag oor my rug.
Onder my pens deur loop passasiers- en goederetreine. Ek is Die Brug.
My ribbes steek al uit en ek is holrug gery. Die ander brûe is reg vir 2010 maar ek makeer ’n “facelift.”
Die ander brûe moet maar intussen diens verrig terwyl dit aan my gedoen kan word. Ronnies en die grafsteenwerke en die kroeg is al weg en ek is al een wat oorgebly het van destyds af.
Moet my nie net lap nie, kom maak my reg asseblief en gee my dan ’n ordentlike naam.
Brug
More
News
|