Is water skoon?
2007-10-18
ONBEKENDE mense klop aan by huise en sê hulle toets water vir die munisipaliteit, vat jou naam en telefoonnommer en bel die volgende dag vir ’n afspraak, want die water is “vol arseen”.
Ek het dit opgevolg by die munisipaliteit, wat van geen sout of water geweet het nie.
Ek het die onderneming teruggeskakel en gevra wat aangaan. Hulle weier om te antwoord of hulle watersuiweraars verkoop of hul maatskappye se naam te sê, en ontken dan ook dat hulle gesê het hulle is van die munisipaliteit.
Ek het navraag by verskeie bure gedoen en ook daar is gesê dat die mense van die munisipaliteit is en beveel watersuiweraars aan.
Ek maak toe ’n afspraak sodat hulle die water kan toets, sodat ek dit kan opvolg deur die regte kanale, maar toe daag niemand op nie. Die nommer van die firma is 082-825-4486.
Paarliet
More
News
|