Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pret tussen boere by Bien Donné

Pret tussen boere by Bien Donné
 
2007-10-18


DAAR sal hope pret wees vir almal by die Bien Donné landbou-expo van 1 tot 3 November in Simondium.

Wes-Kaapse landbouers, landbounavorsers en verskaffers van die nuutste masjiene en toerusting kom daar byeen, met meer as 200 uitstallers.

Tussen die demonstrasies en geselsies met verskaffers, sal boere en hul werknemers ook lesings oor die jongste neigings kan bywoon.
Kundiges sal alternatiewe oeste soos granate, bessievrugte en fynbos uitlig.

En terwyl die boere boer, kan gesinslede en besoekers by kraampies inkopies doen, hulle aan plaasdiere verwonder of een van die spesiale items bywoon wat spesiaal vir die Expo se 65ste verjaardag beplan word.

Die uiteenlopende Afrikaanse musiekskatkis word oopgemaak en humoristies deur Ollie Viljoen en Pietman Geldenhuys aan die gehoor opgedis.

Die laaste dag word met ‘n knal deur die DNA Strings afgesluit.

Die skoner geslag kan uitsien na ‘n ontbyt in die geselskap van Leef-tydskrif met skrywer Annelie Botes aan die woord, sowel as na Tuis en Home se leefstyl-tent met sy wenke vir tuisteskeppers.

Anneke Blaise bied ‘n lesing oor “Wat jou tuiste vir jou beteken” op die openingsdag, terwyl Sonja Jordt (kosredakteur) op al drie dae haar “Stadige kos, stadiger pas” sal aanbied.

So ook Ashley Stemmet (Doen-dit-self redakteur) met sy “Doen dit self – die nuwe gesinsport”. Dekor-redakteur Misi Overturf deel haar entoesiasme oor “Kleur-inspirasie” met besoekers op die Vrydag en Saterdag.

Kraakvars plaasprodukte is die hele duur van die skou by die plaasmark beskikbaar.

‘n Trekkerdrywerskompetisie, patente-kompetisie, laserskiet, skyfskiet en ‘n bergfietsresies gaan vir groot pret sorg.

Kaartjies kos R40 (R15 kinders bo 6), terwyl kaartjies vir plaaswerkers R20 is, mits hulle teen môre bespreek word.

Besoek www.biendonne-expo.co.za of kontak Elma Brand by 021-863-0397 of 082-808-1114 vir navrae..



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za