Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beleggers-geleentheid met veiling van Paarl-eiendomme

Beleggers-geleentheid met veiling van Paarl-eiendomme
 
2007-10-18


DIE Alliance Groep bied op 6 November om 12:00 ‘n veiling aan van vyf spogeiendomme in die Paarl as deel van die Renaissance Veelvuldige veiling by die Table Bay Hotel in Kaapstad. Almal is uitstaande beleggersgeleenthede.

Die eerste eiendom is The Mews geleë te Hoofstraat 290. Dit bestaan uit ‘n sakegebou met ‘n totale verhuurbare oppervlakte van 710m2 met ‘n residensiële komponent wat uit drie luukse wooneenhede bestaan wat aan die gewilde Meulstraat grens.

Elke eenheid bestaan uit drie slaapkamers; twee badkamers; oopplan leefarea met stoep en vorm deel van die ontwikkeling bekend as The Mews.

Die tweede eiendom is geleë te Hoofstraat 476, Paarl, bekend as The Grange. Die ontwikkeling bestaan uit 12 eietitel-wooneenhede wat tans almal verhuur is.

Die derde eiendom is geleë te Hoofstraat 385, Paarl, regoor Novel Ford. Dit bestaan uit ‘n sakegebou wat tans ‘n wegneemete restaurant huisves. Hierdie eiendom is verhuur met ‘n lang huurkontrak.

Die vierde eiendom is geleë te Versterstraat 12, Paarl. Hierdie eiendom bied ‘n uitstekende sakegeleentheid en is tans ook verhuur.

Die vyfde geleentheid is drie eenhede in Victoria Court, Groenvlei, Paarl. Die eenhede sal eers afsonderlik en daarna gesamentlik opgeveil word.

Vir navrae, skakel Willie van Rensburg by 021-872-6533/083-261-7641 of Tertius de Villiers by 082-660-3867.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za